Mieliestronk se lys van Afrikaanse idiome
Geld wat stom is, maak reg wat krom is — ’n mens kan baie met geld doen. Genadebrood eet — van liefdadigheid lewe, soos wanneer ’n mens te oud is om nog te werk. Die gewoonte maak die gewente — gewoonte raak tweede natuur.